August 5, 2021

Drie mans woon in parkie

Foto: Pixabay

KIMBERLEY. – Inwoners in die New Park-area het hulle bekommernis oor drie mans, wat in ’n parkie in die residensiële gebied woon, uitgespreek.

FiND iT het ondersoek ingestel en het een persoon in die parkie gesien. Rondom hulle “slaapplek” is bottels en papiere gestrooi. Na bewering word die parkie ook as “kleedkamer” gebruik.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê daar is ongelukkig nie veel wat hulle daaraan kan doen nie. “Dit is ’n sosiale probleem van armoede. Ons kan niks doen aan mense wat op straat woon nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *