“Drosverkragter” weer in hof

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Nicholas Ninow, wat bekend staan as die “Dros-verkragter”, is vandag weer hier in die hof.

Hy het in September skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting, regsverydeling en die besit van dwelms.

Vogens Netwerk24 sal die staat vandag betoog dat die minimum voorgeskrewe vonnis vir die verkragting van ’n minderjarige lewenslange tronkstraf moet wees.

Die voorval, waartydens Ninow afgeneem is in die Dros in Silverton nadat hy uit die toilette kom, het ’n jaar gelede plaasgevind.

FiND iT hou jou op hoogte.