KIMBERLEY. – ’n Bakkie en motor het voor Caltex in Memorialweg gebots.
Geen ernstige beserings is tydens die ongeluk opgedoen nie.
Een baan word versper. Geen owerhede is nog op die toneel nie.
Wees asseblief versigtig indien julle in daardie rigting beweeg.



