KIMBERLEY – Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester van Sol Plaatje-munisipaliteit, het vandag twee nuwe lede, een in die burgemeesterskomitee en een as uitvoerende direkteur, verwelkom.
Thami Mabija is as die waarnemende munisipale bestuurder aangewys. Terwyl Zahid Cader die posisie van die waarnemende hoof finansiële beampte sal inneem.
Mabilo sê die nuwe span word hartlik ontvang. “Ons verwag dat al ons lede op die burgemeesterskomitee, uitvoerende direkteure en die hele personeel van die munisipaliteit die nuwe span sal ondersteun, om die munisipaliteit te laat groei.”







