Juffrou by verskeie seuns betrokke

Deel hierdie storie / Share this story

RONDEBOSCH. – Juffrou Fiona Viotti was blykbaar deur die jare by ’n paar seuns van die Bishops Diocesan College betrokke.

Guy Pearson, die skoolhoof, het sopas aan FiND iT onthul verskeie seuns is oor ’n aantal jare geraak.

Ondersoek

Pearson sê die skool ondersoek ernstige seksuele wangedrag na dit aan die lig gekom het dat ’n onderwyseres na bewering ’n seksuele verhouding met ’n 18-jarige seun gehad het.

 “Ons doen ’n beroep op seuns en ouers vir inligting wat tot ons ondersoek kan bydra. Ons as skool doen alles in ons vermoë om die geestelike welstand van ons seuns, die personeel en ander wat deur hierdie baie hartseer gebeure geraak word, te verseker.”

Bedanking

Hy bevestig ook Viotti se bedanking en dat sy die skool verlaat het.

 “Ons vra weer dat die waardigheid en privaatheid van baie persone wat geraak is deur hierdie saak, eerbiedig word, aangesien ons voortgaan om die volle omvang van die situasie te ondersoek.”

Sielkundiges en psigiaters

Hy sê Bishops het die dienste van sielkundiges in diens van die Bishops Support Unit, sowel as eksterne kliniese sielkundiges en psigiaters, beskikbaar gestel aan enige seun of familielid wat deur hierdie gebeure geraak is.

Viotti was ’n onderwyseres en sportafrigter by dié skool. Haar pa, Dave Mallet, is ook ’n onderwyser by die skool en die afrigter van die eerste rugbyspan. Hy is ook ’n koshuisvader by die Founders House en is die broer van die voormalige Springbok-afrigter, Nick Mallet.

Foto’s en video’s

FiND iT is in die besit van eksplisiete foto’s en video’s, wat na bewering aan die leerders gestuur is. Die egtheid van hierdie foto’s en video’s kon nog nie bevestig word nie.