KIMBERLEY. – Nege leerders van Laerskool Staats het aan die begin van Oktober aan die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem.
Hierdie kompetisie was die landsfinaal en het in Midstream Ridge plaasgevind.
Amoré van der Merwe, Jada Williamson en Beaunique Abrahams het in die Engelse afdeling deelgeneem.
Kaemé Wehr, Danika Meyer, Laurika de Wet, Dante Gaginaar, Devon MacKenzie en Ernesteen du Toit het aan die Afrikaanse afdeling deelgeneem.
Duif Brand, die redenaars-afrigter, sê al hierdie leerders het in die top 8 in die land vir hulle verskillende afdelings geëindig. “Die beste prestasie van die dag is deur Beaunique Abrahams, wat eerste plek in die gr. 4 Engels huistaal-afdeling geëindig het, behaal.



