Motors vasgekeer in erf na pyp bars

Deel hierdie storie / Share this story

Inwoners van twee huise in David Harrisstraat, Cassandra, is vasgekeer in hulle erwe nadat ’n pyp gister gebars en herstel is, maar die gat oop gelos is. Werkers van Sol Plaatje-munisipalitiet het gistermiddag die pyp herstel, maar het ’n kragkabel raakgeslaan. Dit het tot gevolg gehad dat die straat vir ‘n paar uur sonder krag was. Nadat die elektrisiteitsprobleem uitgesorteer is, is die gat net so gelos.

Die gat strek oor twee opritte van twee huise, wat dit onmoontlik maak vir die inwoners om met hulle motors by hulle erwe uit te kom.

Inwoners is ontsteld omdat hulle geen antwoorde uit Sol Plaatje kry oor wanneer die probleem herstel sal word nie.

FiND iT het navraag by Sello Matsi, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen.