Addies-noodhulp eerste in streek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Talle leerders van Hoërskool Adamantia het weer geskitter met prestasies by St John’s se jaarlike kerkparade en prysuitdeling.

Hierdie parade en prysuitdeling het Sondag plaasgevind.

Tanya Jordaan, ’n juffrou by hierdie skool, sê Hoërskool Adamantia is eerste in noodhulp in die streek.

“Joshua Wilson het sy rang as junior kadetoffisier ontvang. Tiaan Erasmus het sy rang as korporaal ontvang en is aangewys as die beste kadet in die streek.”

Ada Rheeder, ’n juffrou by hierdie skool, het ’n sertifikaat vir lang en getroue diens by St John’s ontvang.

“Baie geluk aan al die Addies. Julle maak ons skool regtig trots,” sê Jordaan.