Goeie diens deur Hydro Rubber

Deel hierdie storie / Share this story

Hydro Rubber lewer goeie en gehalte diens aan hulle kliënte in Kimberley. Hydro rubber is ’n gevorderde waterdigtingstelsel vir ’n verskeidenheid van oppervlaktes.

Sonja Greyling, wat onlangs van Hydro Rubber se dienste gebruik gemaak het, sê: “Hulle werk is baie netjies en ek is baie tevrede. Ek sal hulle vir enige kliënt aanbeveel. Die produk wat hulle gebruik is van baie goeie gehalte.”

Elize Swiegers, het ook al werk deur Hydro Rubber laat doen. “ Ek kan eerlik sê dat ek baie tevrede is met hulle diens. Ek kan glad nie kla nie. Hulle is baie vriendelik, professioneel en op tyd. Hulle het baie goeie voorbereiding gedoen en doen presies wat hulle sê.”

Hydro Rubber gee ook ’n 10 jaar kwaliteit waarborg op hulle werk. Indien jy graag van Hydro Rubber gebruik wil maak, skakel gerus vir Henk Blaauw by 0836504468.