Redenaars-leerders eindig in top 3

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die nasionale ronde van die ATKV-Spelathon het die afgelope naweek by die Universiteit van die Vrystaat plaasgevind.

Twee leerders van Hoërskool Noord-Kaap het hier uitstekend presteer.  Gavin Swartz (gr. 9) het in die Graad 8 tot 9 Afrikaans Eerste Addisionele Taal-afdeling deelgeneem en tweede geëindig. Chanté Januarie (gr. 10)  het in die Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal-afdeling deelgeneem en as die nasionale wenner uit die spelstryd getree. 

Alyssa Jacobs het op 12 Oktober aan die nasionale rondte van die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem en eerste in haar kategorie, Afrikaans Addisionele Taal vir Gr. 11) geëindig.