Denise Engelbrecht – Wenner van die snaaksste storie

Deel hierdie storie / Share this story

Baie geluk aan Denise Engelbrecht, wenner van die snaaksste storie! Jy kan jou geskenkpak by FiND iT se kantore kom haal. Lees hier Denise se storie:

“Ek was op primêre skool word toe ons na die  prinsipaal se huis toe gestuur om rakette te gaan haal. ’n Paar  van ons val toe in die pad en klop aan die deur. Mevrou is besig om wasgoed op te hang en twee kleintjies maak die deur met ’n handvatsel oop en daar steek twee Alsatians hulle koppe deur. Ons hol tot by die hek en een  hond ruk toe my skoolromp heeltemal af. Daar staan ek op die sypaadjie in my blou hemp en navy knickers. Ek hoor ’n  gelag en kyk op – daar staan die groente-perdekar en die manne rol soos hulle lag.”