Mac Jack, LUR van die Noord-Kaap Departement van Onderwys het vandag in ’n perskonferensie gesê die Noord-Kaap is reg is vir die jaareindeksamens, veral die 2019 nasionale senior sertifikaat.
“Ons het verskillende intervensies met die uitsluitlike doel om te verseker dat ons skole maksimum ondersteuning kry met die klem op gevorderde leerders.”
Die eksamens sal stiptelik op 16 Oktober en 23 Oktober begin en weer op 28 November sluit.



