Proefonderwyser in hof vir verkragting van minderjarige

Deel hierdie storie / Share this story

ORANIA. – Die drie-en-twintigjarige man wat na bewering ’n minderjarige kind hier verkrag het, het vandag weer in die landdroshof op Hopetown verskyn. Sy saak is egter uitgestel.

Hy het na bewering ’n minderjarige kind van die Volkskool op Orania, waar hy ’n proefonderwyser was, verkrag.

Philip Basson, die staatsaanklaer, sê sy borgtog van R5 000, wat in September toegestaan is, is verleng. “Die voorwaardes van hierdie borgtog is dat hy geen kontak met die klaagster maak nie en dat hy ook glad nie naby die Volkskool mag gaan nie.”

Landdros Jacques Coetzee het die saak tot 28 November 2019 vir verdere ondersoek uitgestel.

Anje Boshoff, die skoolhoof, was nie beskikbaar vir enige kommentaar nie.