Gesteelde hond glo nou te koop

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Yorkie-reun is na bewering vanoggend in Aristotlelaan, in Herlear, gesteel en word nou glo vir R1 000 verkoop.

Leandrie Fourie, Stitch se eienaar, sê hy moes uitgeglip het vanoggend toe sy ry. “Iemand het hom toe opgetel en probeer verkoop. ’n Vrou wat so ‘n paar huise van my af woon, het vir my kom sê ’n man wou my hondjie vir R1 000 aan haar verkoop.”

Stitch het nie ’n bandjie om sy nek nie, maar het ’n bruin kolletjie waar sy kop en nek bymekaarkom.

Indien enigiemand hierdie Yorkie sien, kontak asseblief vir Leandri by 083 775 7487.