Juffrou bedank – verhouding met seuns ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

RONDEBOSCH. – ’n Onderwyseres van die Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, het bedank nadat aantygings van ’n seksuele verhouding met ’n 18-jarige skoolseun aan die lig gekom het.

Fiona Viotti was ’n onderwyseres en sportafrigter by dié skool. Haar pa, Dave Mallet, is ook ’n onderwyser by die skool en die afrigter van die eerste rugbyspan. Hy is die broer van Nick Mallet.

Doen ondersoek

Guy Pearson, die skoolhoof, het aan FiND iT bevestig hulle sien die aantygings in ’n baie ernstige lig en doen ’n volledige ondersoek. “Ons versoek die publiek om die waardigheid en privaatheid van die betrokkenes te respekteer.”

Whatsapps

Luidens Netwerk24 het William Booth, ’n kriminele prokureur, gesê Viotti het nie uit die land gevlug te midde van bewerings van seksuele mishandeling van ‘n aantal leerlinge aan die privaatskool nie. Die 30-jarige geskiedenisonderwyser het onmiddellik by die elite-seunskool bedank toe bewerings van ‘n seksuele verhouding met ‘n 18-jarige matriekleerling aan die lig gekom het. Na bewering wou die seun die verhouding beëindig, maar het sy geweier en hy het hulp gevra van sy ouers, wat die skoolhoof in kennis gestel het.

Nog seuns

Die saak het sedertdien eskaleer, terwyl die skool ‘n prokureur aangestel het om die bewerings te ondersoek dat meer seuns by onvanpaste gedrag deur Viotti, wat getroud is, betrek is.

Viotti is in September verlede jaar met Pavo Viotti getroud.