Karlien van Jaarsveld swanger met baba 5

Deel hierdie storie / Share this story

Karlien van Jaarsveld het haar swangerskap met baba nommer vyf bekendgemaak.

Sy het hierdie naweek op haar Instagram-blad ’n sonarfoto met al haar ondersteuners gedeel.

Foto: Karlien van Jaarveld Instagram-blad

“Baie dankie vir almal se geluk en seënwense! Ons is baie opgewonde oor die nuwe babatjie! Alles lyk mooi en gesond en dis die meeste waarvoor mens kan vra. Ek voel baie geseënd om swanger te wees met ’n vyfde babatjie, dis so ‘n groot wonderwerk elke keer,” het sy bekendgemaak.

Sy sê sy bid vir elke vrou wat ook graag ’n babatjie wil hê en sukkel om swanger te word. “My hart gaan uit na jou! Ek bid dat jy God se stem sal hoor oor jou spesifieke pad met Hom en die kindertjies wie jy moet grootmaak. Of dit is deur self te baar, of aan te neem, mag jy God duidelik hoor en gehoorsaam.”