Egpaar deur mak njalabul oorrompel

Deel hierdie storie / Share this story

PHALABORWA. – ’n Egpaar van hier is in die waakeenheid opgeneem ná hulle deur ’n mak njalabul oorrompel is.

Dr. Wessels Boshoff en Barbara Osmers, sy vrou, woon op ’n plaas net buite Phalaborwa.

Zander Osmers (26), Barbara se seun, het aan FiND iT bevestig sy ma en stiefpa is in die waakeenheid by die Mediclinic in Tzaneen opgeneem. “Dit het gistermiddag gebeur en albei het baie seergekry. My ma se pelvis is in die proses gekraak. Die bul se horing het ook in haar lies gesteek. Sy het heeltyd vir die bul gesê ‘dis okay’, met die hoop dat die bul sal bedaar, maar hy het nie. Sy het ’n groot fight opgesit.”

“’n Horing het ook deur oom Wessels se maag, net onder die naeltjie, ingesteek.”

Hy sê hy het voorheen sy ma gewaarsku oor hierdie “mak” bul.