Rou riool vloei in veld buite Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY- Rou rioolwater vanaf die Gogga-pompstasie vloei in die veld buite Kimberley.

Sello Matsie, Sol Plaatje-munisipaliteit se woordvoerder, sê dié water by die pompstasie word vir ’n geruime tyd weggelei oor probleme daar.

Dit is met die departement van waterwese en sanitasie opgeneem.