VANDERBIJLPARK – Tharina Human (27) en Piet van Zyl (40) se borgtogaansoek is vandag in die landdroshof in Vanderbijlpark geweier. Laetitia Nel (40) se bortogaansoek is goedgekeur.
Ontvoer
Tharina Human, Laetitia Nel en Pieter van Zyl is sedert 3 September in aanhouding, nadat Amy’Leigh 2 September voor haar laerskool, die Laerskool Kollegepark, uit haar ma se arms geruk en ontvoer is. Sy is glo by ’n nabygeleë plot aangehou, voordat haar ontvoerders haar Dinsdagoggend omstreeks 03:00 naby die Shakespeare Inn-hotel in Vanderbijlpark afgelaai het.
Saak uitgestel
Die saak is verder uitgestel tot 13 November, wanneer dit na die hooggeregshof oorgeplaas sal word.



