Watertoevoerpyp naby 3SAI beskadig

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPAN – Die hoof waterpyp wat Roodepan en Galeshewe van water voorsien is naby 3SAI na bewering deur vandaliste beskadig.

Reinette Liebenberg, DA-provinsiale woordvoerder vir landhervorming, landbou en natuurbewaring, sê terwyl daar geen einde aan die waterkrisis vir Kimberliete in sig is nie, het die DA kommer uitgespreek oor ’n varswaterdam net buite Kimberley wat na bewering met munisipale water gevul word.

Liebenberg sê daar is ongeveer vyf gate op die gedeelte van die toevoer naby die 3SAI-militêre basis duskant Roodepan deur vandaliste oopgegrawe.

Vanaf hierdie damme word verder besproeiingskanale gegrawe om die water in die veld te laat lei.

Beeste en ander pluimvee maak van die water gebruik.

FiND iT het vanmiddag per helikopter na die gebied gevlieg.

Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, het ontken dit is deur vandaliste beskadig. Hy sê alhoewel hulle probleme met vandalisme daar het, het hulle lug uit die pyplyn daar laat ontsnap. 

Die munisipaliteit het nege gate in die gedeelte herstel. Matsie sê om dit ’n dam op munisipale grond te noem, is verregaande.