Polisie voer nakomingsbesoeke en shebeen-strooptogte uit

Deel hierdie storie / Share this story

POSTMASBURG – Die DPO by die Postmasburg-polisiekantoor, sers. Karlien Nel, het op 1 Augustus 2019 ’n projek #Shebeen Fatshe geïnisieer waartydens sy bewusmakingsveldtogte in die gebiede gevoer het, waartydens eienaars van sjebiens en tavernes gewaarsku word dat geen sjebien in Postmasburg gespaar sal word nie.

Vandag het sy saam met lede van die misdaadvoorkomingseenheid uitgegaan en sjebiens in Boichoko deursoek waar boetes uitgereik en alkohol gekonfiskeer is.