Die man agter CTM Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Ontmoet vir Hannes Bruwer (51), die man agter CTM Kimberley, waar almal se droomkombuis en -badkamer waar word.

Bruwer, wat nou al sowat 14 jaar CTM besit, sê hy het eers begin op Upington, waar hy oorspronklik vandaan kom. “Ek het vir 10 jaar ’n CTM daar besit, maar het vier jaar gelede die tak in Kimberley oorgeneem.”

Hy beskryf homself as eerlik, vriendelik en ’n mensemens.

Hy sê CTM is ’n goeie besigheid met ’n besonderse suksesvolle geskiedenis. “CTM bestaan al vir 50 jaar en is ook gelys onder Italtile.

“CTM se werknemers is my belangrikste bate. Ons is ’n diverse span wat altyd probeer om die kliënt eerste te stel.”

Van sy alledaagse struikelblokke as die eienaar van hierdie suksesvolle besigheid sluit in die werknemers se opleiding, om seker te maak hulle kan nóg beter kliëntediens lewer en om die korrekte en genoeg voorraad te bestel.”

In sy vrye tyd spandeer hy tyd saam met sy gesin. Hy is ook betrokke by Hoërskool Diamantveld en speel so bietjie gholf. “Ek geniet dit om tyd saam met my twee kinders deur te bring. My seun is tans in sy eerste jaar op Potchefstroom en my dogter is nou in gr. 11 by Hoërskool Diamantveld.

“Een van CTM se toekomstige jong kliënte het op ’n keer besluit om ’n toilet, wat op uitstalling op die winkelvloer was, vir ’n noodsituasie te gebruik. Dit was verreweg die snaaksste ding wat nog in CTM gebeur het. Die personeel het ná die tyd met ’n glimlag skoongemaak.”