KAMFERSDAM – Derduisende flaminke by Kamfersdam het teen laas week Vrydag nog nie begin broei nie.
So sê Mark Anderson, hoof uitvoerende beampte van BirdLife South Africa.
Dit is waarskynlik as gevolg van rou riool en afvalwater wat vanaf die Homevale-watersuiweringsaanleg by Kamfersdam invloei.
Anderson sê dit is hartverskeurend. Volgens ingeligte bronne is dié watersuiweringsaanleg nie funksioneel nie.”
Anderson sê Sol Plaatje-munisipaliteit toon geen gewilligheid om die probleem op te klaar nie. Boonop is daar geen afdwinging van die natuurbewaring of water- en sanitasie-owerhede nie.
“Waarom gee ons regering nie om oor ons kosbare natuurlike erfenis nie?” vra hy.



