Misdaadstatistiek word môre bekend gemaak

KIMBERLEY. – Talle lede van die SAPD het vanoggend ’n inligtingsessie bygewoon vóór die bekendmaking van die misdaadstatistiek vir 2018/2019.

Hierdie inligtingsessie is gelei deur maj. Koliswa Otola, maj. Phiwa Mnguni, maj. Jenny Fourie, maj. Joey Kers en maj. Riet.

Nontobeko Vilakazi, die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, Moeketsi Dichaba, die hoof van die departement, June Gray en ander bestuurders was ook teenwoordig.

Hierdie inligtingsessie is om die gereedheidstoestand van die SAPD en die Ministerie van vervoer, veiligheid en skakeling vas te stel voor die misdaadstatistiek môre, 9 Oktober 2019, deur dr. Zamani Saul, vrygestel gaan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: