Hou ’n meisiekind in die skool-projek

Deel hierdie storie / Share this story

Die Upington CPF-voorsitter, mnr. Anthony Oor en sektor een-lid, Lushill Lukas, was vroeg vanoggend regstreeks op Radio Riverside tydens die Hot Breakfast Show om die sukses van projekte wat aangebied is, te bespreek en om die gemeenskap in te lig oor meer wat volg.

Die Gemeenskapspolisiëringsforum op Upington het vroeër vanjaar die projek ‘Hou ‘n meisiekind in die skool’ gehou waartydens minderbevoorregte meisies by laerskole geïdentifiseer is en van sanitêre doekies voorsien is.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie sê: “Die amptelike bekendstelling is in Januarie 2020 met die doel om meer skole en meisies te bereik.”