Liggaam ná jaar steeds nie opgeëis nie

Foto: Picjumbo

WARRENTON. – Die liggaam van ’n 80-jarige man is al vir langer as ’n jaar hier by die polisie.

Die polisie versoek die gemeenskap om hulle te help met die opspoor van die gesin van die 80-jarige man.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die liggaam is as Aaron Dube geïdentifiseer en is op 13 Junie 2018 deur tieners wat voëls in die veld gevang het, ontdek. “Die man het homself na bewering gehang. Volgens die inligting het hy alleen by Sonderwater in Ikhutseng, in Warrenton, gewoon.

“Sy liggaam is sedertdien by die staatslykhuis gehou, omdat niemand na vore gekom het om dit op te eis nie.”

Indien enigiemand inligting oor sy familie het of hom ken, kontak asseblief vir sers. Anita Swart by 072 193 4272 of 053 836 0640/0633.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: