KIMBERLEY. – ’n Leerder van Hoërskool Noord-Kaap het haar skool se naam hierdie naweek hoog gehou toe sy sewe medaljes losgeswem het.
Chloe Ehlers het op 4 en 5 Oktober aan die Super Seals Gala in Bloemfontein deelgeneem.
Wian Jacobs, dié skool se bemarkingsbestuurder, sê Chloe het een goue medalje, vyf silwer medaljes en een brons medalje verower. “Baie geluk met al jou prestasies, Chloe!”




