’n Dooie dier is langs die pad op die hoek van Janhofmeyer en George Barrelstraat, Hadisonpark weggegooi. Die dier lê volgens gerugte al ’n paar dae langs die pad. Dit lyk soos die karkas van ’n skaap in ’n swart krat.
’n Leser het aan FiND iT gesê: “Dit is ’n aaklige gesig vir mense wat daar verby moet stap.”
Daar word gereeld rommel in die veld gestrooi en die veld is tans vol rommel.
12:19 – Beryl Wilson, departementshoof van dierkunde by die McGregor-museum in Kimberley het aan FiND iT bevestig dat dit die karkas van ’n skaap is.





