August 6, 2021

Tien-jarige vanmiddag verdrink

KIMBERLEY. – ‘n Tien-jarige seuntjie van Roodepan het glo vanmiddag hier verdrink.

Hy het na wat verneem word saam met van sy vriende by een van Sol Plaatje se waterpype, wat die water afvoer dorp toe, gespeel en het ingespring en verdrink.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê hy is in hierdie stadium nie bewus van hierdie voorval nie.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, was nie beskikbaar vir enige kommentaar teen tyd van publikasie nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *