Snoepie-winkel eienaar beswyk na roof

Deel hierdie storie / Share this story

Sanjit Ray (35) die eienaar van Mama’s Smart Price is na bewering Donderdagaand op pad huis toe aangeval. Sy vrou, Elsie Jonas (31), was by tydens die voorval en is in albei arms gesteek. Volgens gerugte is Sanjit herhaaldelik met ’n mes in sy gesig gesteek en het hy Vrydag in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal aan sy wonde beswyk.

Elsie Jonas se selfoon is tydens die roof gesteel. “Ek kan nie slaap nie, ek kan nie eet nie. Dit is asof ek hom bly voor my sien,” vertel Elsie. Sy sê daar nog nie begrafnisreëlings nie, sy en Sanjit se broers sal Maandag begin om begrafnisreëling te tref.

Die eienaar van die perseel, waar Mama’s geleë is, het aan FiND iT bevestig dat die winkel toe is omdat die eienaar oorlede is.

FiND iT hou jou op hoogte.