August 5, 2021

WATER: Munisipaliteit op skedule om taak te voltooi

KIMBERLEY. – Daar was nog geen redes vir enige uitstel in die koppeling van die pyp op die nuwe pompstasie nie en Sol Plaatje-munisipaliteit is op skedule om die taak te voltooi.

Sello Matsie, woordvoerder van dié munisipaliteit, sê sewe van die nege gedeeltes in die Midland-omgewing, in Roodepan, is reeds herstel. “Ons is tans besig met die herstel van die twee laaste areas.

“Die verskillende gedeeltes van die 965 mm-pyp is reeds by Riverton geïnstalleer en daar is tans baie sweiswerk aan die gang. Dit sluit ook die migrasie van die elektrisiteit na die nuwe pompstasie in.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *