KIMBERLEY – ’n Vrou wat Woensdag in Lawsonstraat in New Park selfdood gepleeg het, het by haar dogter gebly.
Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het gesê Katrina Botha (58) se dogter het ongeveer 10:00 Woensdagoggend op haar lyk afgekom. Lees ons vorige berig, Ma pleeg glo selfdood – word deur dogter gevind.
Die eienaar van ’n skoonheidsalon het mense gehoor en gaan kyk wat aangaan. Sy was verbaas om verskeie owerhede op die toneel te sien. Dit was vir haar waarskynlik dat die oorledene nie aan natuurlike oorsake dood is nie.
’n Eienaar van ’n nabygeleë gastehuis het aan FiND iT gesê hy het nie van die voorval geweet nie.
Botha se dogter het na bewering ’n kamer by ’n bejaarde man, ‘n pensionaris, se huis gehuur.
Die verhuurder het geweier om kommentaar te lewer en gesê die familie is getraumatiseerd en het nou ruimte nodig om te rou.



