KURUMAN – Adeno Wilamo Abamo (38) het in die Kuruman-landdroshof op aanklag van omkopery verskyn.
Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, sê Abamo was verlede week Vrydag in hegtenis geneem nadat die Valke op ’n wenk reageer het.
Dit kom nadat vyf ongedokumenteerde persone gearresteer is. Die beskuldigde het na bewering ’n beampte R25 000 omkoopgeld aangebied om die vyf verdagtes vry te laat.
Abamo is in hegtenis geneem nadat hy R18 500 aan die beampte oorhandig het.
Die hofsaak is tot 28 Oktober uitgestel. Die beskuldigde is op borg van R3000 vrygelaat.



