MODDERRIVIER. – ’n Beloning vir die opspoor van die Jack Russel-reun wat vermoedelik gisteraand hier gesteel is, word aangebied.
Sumari Hamman, Rex se eienaar, sê sy sal R1 000 vir die persoon, wat haar seuntjie opspoor, gee.
“Hy moes gisteraand gesteel geword het. “Daar is baie voetspore by my hek en sy bandjie het ek buite my hek opgetel.”
Rex is nou agt maande oud. “My hart is baie seer en ek soek net my seuntjie terug,” het sy emosioneel gesê. “Ek is tans besig om rond te ry op soek na hom.”
Hulle woon langs die rivier brug, naby die fabriek.
Indien enigiemand vir Rex sien, kontak asseblief vir Sumari by 076 471 9355.



