Hoërskool Noordkaap-leerder maak trots

Deel hierdie storie / Share this story

Reagan Woodbridge, ’n leerder van Hoërskool Noordkaap, het die skool trots gemaak toe sy die vakansie deelgeneem het aan die Dames interprovinsiale Gholf-ope vir die Noord-Kaap Provinsiale span.

Haar span het 2de geëindig in die spanafdeling.  Sy het in haar enkelspel, twee uit drie gewen.

Hoërskool Noordkaap sê “Baie geluk, jy hou die skool se naam hoog. #trotsgroen.”