KIMBERLEY. – André Joemat, ’n ER24-paramedikus, bied nou sy eie noodhulpkursusse aan.
Hy sê ná 15 jaar waartydens hy dié opleiding by ER24 verskaf het, het hy besluit om die opleiding in sy eie tyd ook te bied. “Almal is meer as welkom om die opleiding te kry. Ek bied ook Mini Medic aan vir primêre skole.”
Wat behels die opleiding?
Tydens die opleiding leer hy jou hoe om kardiopulmonêre resussitasie (CPR) te doen, hoe om bloeding te beheer, wat om te doen as iemand verstik, die tekens en simptome as iemand ’n beroerte kry, hoe om breuke te behandel en meer.
“Daar is drie verskillende vlakke waarop die opleiding aangebied word. Vlak 1 duur twee dae, vlak 2 duur vier dae en vlak 3 duur vyf dae,” sê Joemat.
Geldig vir drie jaar
Ná die kursus voltooi is, voorsien Joemat jou ook van ’n sertifikaat wat geldig is vir drie jaar.
Brandweeropleiding
“Ek bied ook ’n Basic Firefighting-kursus aan wat een dag se opleiding verg. Almal 18 jaar of ouer is welkom om hierdie kursus te doen.”
Noodhulpkissies
André verkoop ook noodhulpkissies in verskillende groottes. “In hierdie kissie is verbande, pleisters, gaas, antiseptiese wondskoonmaker en baie meer.”
Indien jy belangstel om enige van hierdie kursusse te doen, kontak vir André by 061 961 2756. Onthou om hom te vra oor sy November-special!




