Kimberley-“hero” in hof – verslag steeds uitstaande

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Charl Stoltz (45), wat in Junie ’n vermeende dief in die middedorp geskiet het, het vandag in die landdroshof hier verskyn. Die ballistiese verslag is nog nie ingedien nie.

Die voorval het op 10 Junie 2019 plaasgevind.

Die man wou na bewering Stoltz se selfoon steel. Stoltz het op 12 Junie 2019 op aanklag van poging tot moord en die afvuur van ’n pistool in ’n munisipale/openbare area verskyn.

Aanmeld by polisiekantoor

Etiene Mathewson, Stoltz se regsverteenwoordiger, het versoek dat die borgtogvoorwaarde dat Stoltz weekliks by die polisiekantoor in Vanderkloofdam moet aanmeld, geskrap moet word. “Hy het al ’n 100 keer aangemeld en is met elke hofverskyning hier.”

Uitstel

Landdros Celeste Nameka het die saak tot 4 November 2019 vir verdere ondersoek uitgestel. Sy het ook Mathewson se versoek goedgekeur.

“Hierdie is ook die laaste uitstel sodat die ballistiese verslag ingedien kan word,” het Nameka gesê.