KIMBERLEY. – Dirkie, die eenjarige bulterriër wat verlede week vermis was, is gevind.
Susan Botes, Dirkie se eienaar, sê sy het hom gelukkig by die DBV gevind. “Ek was Vrydag by die DBV, toe sê hulle daar is nie so ‘n tipe hond nie. Iemand wat die DBV besoek het, het egter vir Dirkie gesien en my gekontak.”
Sy sê sy is net baie bly sy kon vir Dirkie terugkry.
“Hy was bietjie verwilderd en hartseer, maar is klaar weer homself en word meer as gewoonlik bederf.”




