Al drie verdagtes in Amy’Leigh se Jager-ontvoering pleit onskuldig

Deel hierdie storie / Share this story

VANDERBILJPARK. – Al drie die verdagtes in die Amy’Leigh de Jager-ontvoeringsaak, gaan onskuldig pleit.

Tharina Human, Laetitia Nel en Pieter van Zyl is sedert 3 September in aanhouding, nadat Amy’Leigh 2 September voor haar laerskool, die Laerskool Kollegepark, uit haar ma se arms geruk is en ontvoer is. Sy is glo in op ’n nabygeleë plot aangehou, voordat haar ontvoerders haar Dinsdagoggend omstreeks 03:00 naby die Shakespear Inn-hotel in Vanderbijlpark afgelaai het. Dit is ’n berugte gevaarlike area.

Al drie verdagtes het tydens hulle borgtogaansoek gesê hulle gaan onskuldig pleit. Al drie verdagtes het self kinders. Human het ’n agtjarige dogtertjie; Nel het ’n 10-jarige seun en 14-jarige dogter; van Zyl het ’n volwasse dogter.

David Mey tree op vir Human, Stoffel Venter tree op vir Nel en Lungelo Chirwa tree op vir van Zyl. Slegs van Zyl het ‘n vorige oortreding van diefstal. Adv. Lunda Ngcobo kla aan.

’n Vierde verdagte, Bofokeng Molemohi (24), is intussen ook in hegtenis geneem.

Foto: Maroela Media

Netwerk24 het ’n aansoek gebring wat twee van Netwerk24 se kameras toelaat om die verrigtinge af te neem en jy kan die verrigting hier volg: