Vermiste dogter opgespoor

PUDIMOE – Bokamoso Keletso, ’n 6-jarige dogter, wat Saterdag 28 September op Dryharts, in die Noord-Wes, vermis geraak het, is terug gevind.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Wes, het bevestig Bokamoso is ongeveer 02:00 vanoggend gevind.  

Volgens die verslag het twee sesjarige dogters, wat deur ’n man vergesel is, omstreeks 11:00 Saterdag op Dryharts vir hulle ma gewag. Die moeder was per taxi vanaf Pudimoe na Dryharts onderweg.

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte by 082 469 0286 skakel.

Die ondersoek duur voort, sê Myburgh.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: