August 6, 2021

Herstelwerk begin nadat pyp in middestad bars

KIMBERLEY – ’n Waterpyp wat vandag naby NTT Volkswagen Kimberley in Phakile Mabijastraat gebars het, word tans deur Sol Plaatje-munisipaliteit herstel.

Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê werkers is reeds met herstelwerk besig by dié lekkasie wat vroeër vanoggend plaasgevind het.

Watertoevoer tot die gebied in die middestad sal herstel word sodra die werk afgehandel is, sê Matsie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *