Met hierdie vermaaklike boek kan kinders baie plakkerpret hê met 555 plakkers van diere van regoor die wêreld. Hulle kan verskillende tonele skep – van ‘n besoek aan die plaas tot ‘n opwindende safari.
Daar is ’n verskeidenheid boeke vir kinders in hierdie reeks, onder andere, Plakkerpret met 555 perde en towerponies, Plakkerpret met 555 voertuie en Plakkerpret met 555 monsters.
“Hierdie is ’n wonderlike boek en sal jou kroos vir ure lank besig hou. Dit is vir my kinders ’n groot avontuur om die plakkers in die mooi tonele te plak,” aldus ‘n leser.



