’n Baba (1 jaar) het na bewering vandag in Monumenthoogte in ’n swembad geval. Die baba is deur nood-dienste na Lenmed-hospitaal gehaas.
FiND iT het by Lenmed verneem die babadogtertjie is in ICU opgeneem en haar ma en ouma is tans by haar. Geen verdere inligting oor die voorval is op die oomblik beskikbaar nie.
Kapt. Tessa Jansen, woordvoerder van die polisie sê dat hulle nie bewus is van so ’n voorval nie.
FiND iT hou jou op hoogte.



