Vreemdeling koop vir dogtertjie ’n fiets

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vreemdeling het ’n dogtertjie in Gordonsbaai met ’n splinternuwe fiets in Game geseën.

Die dogtertjie en haar mamma het in Game na fietse gekyk. Die ma het vir haar dogter gesê dat hulle die fiets eers vir Kersfees sal kan koop. “Ons het solank na die fietspryse gekyk  met die oog daarop om ’n nuwe fiets vir Anke te koop vir Kersfees. ‘n Vreemde man het my gevra of ons ’n fiets soek en ek het geantwoord: ‘Ja, ons kyk solank na ’n fiets vir Kersfees.’”

“Ons het uit die winkel gestap en teruggegaan om koeldrank te koop. Daar kom die man na my toe aangestap met die fiets wat in ‘n boks was en met die koopstrokie in sy hand. Hy het gesê: ‘Jesus seën julle vandag.’ Ons kon dit nie glo nie en was geskok. My dogter het agternagehardloop om vir hom weer dankie te sê en ’n drukkie gegee, toe sê hy vir haar: ‘God sorg vir jou’.”

“Ons het die man weer probeer soek om sy naam en nommer te kry, maar kon hom nie vind nie. Die mense om ons was net so bly saam met ons en het saam gehuil. Anke was in trane en kon dit nie glo nie.”

Het iemand al vir jou so iets wonderlik gedoen? Stuur ’n e-pos na [email protected]