Dogter (6) wat vir ma wag word vermis

Deel hierdie storie / Share this story

PUDIMOE – Bokamoso Keletso, ’n 6-jarige dogter, het Saterdag 28 September op Dryharts, in die Noord-Wes, vermis geraak terwyl sy vir haar ma gewag het.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Wes, sê volgens die verslag het twee sesjarige dogters, wat deur ’n man vergesel is, omstreeks 11:00 op Dryharts vir hulle ma gewag. Die moeder was per taxi vanaf Pudimoe na Dryharts onderweg.

Bokamoso het daar vermis geraak. Sy is laas in ’n groen sweetpakbroek, blou T-hemp en vlootblou tekkies gesien. 

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte by 082 469 0286 skakel.