Eenvoudige resepte is wenners op ‘n knap begroting. Hierdie paar bestanddele maak ’n ongelooflike lekker en vullende maaltyd. Jy kan enige vorm van pasta gebruik.
Bestanddele
350 ml pasta
450 gram broccoli
3 eetlepels botter
3 eetlepels gerasperde Parmesaankaas
Sout na smaak
Varsgemaalde peper
Knypie fyn rooipeper
Metode
Bring ‘n kastrol water tot kookpunt, voeg die pasta by. Kook tot die pasta amper gaar is (7-10 minute). Voeg die bevrore broccoli-blommetjies by die kokende water, skakel die hitte af en laat dit vir 1-2 minute staan, of totdat die broccoli net-net sag is.

Dreineer die pasta en broccoli in ‘n vergietes

Plaas die pasta en broccoli terug in die kastrol (met die hitte af) of in ‘n bak en voeg die botter by. Meng totdat die botter gesmelt is, roer deur. Voeg die Parmesaan, sout, peper en rooipeper by en meng dan weer goed deur. Proe en pas die geurmiddels aan soos nodig. Sit dadelik voor.




