Die Noord-Kaapse krieketkampioenskappe van die polisie skop af

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die polisie se krieketkampioenskappe by Diamond Oval in Kimberley is vandag amptelik deur die adjunk-provinsiale kommissaris: HRM, maj.-genl. Henriette de Waal, geopen.

Die toernooi duur van 30 September tot 4 Oktober 2019 waartydens beide mans- en vrouespanne van al nege provinsies en die hoofkantoor sal meeding in wedstryde wat op verskillende velde rondom Kimberley gespeel sal word.

Kol. Mashy Gamieldien sê die uitvoerende hoof van Noord-Kaap Krieket, mnr. Eugene Jacobs, Noord-Kaap se krieketbestuurder, mnr. Shaheed Alexander, die toernooiborg, mnr. Kenneth Japhta van Old Mutual en ’n verteenwoordiger van SAPU, het die eerste geleentheid bygewoon. Brig Jacobs, die provinsiale hoof: TMS, wat die provinsiale voog van die krieket is, was ook teenwoordig.

Die voorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsraad, mnr. Homan, het later by die geleentheid aangesluit.