SAPD oor Radio Teemaneng

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die SAPD in die Noord-Kaap is op soek na jong, energieke, intelligente, fisies en geestelik geskikte individue wat toegewyd is om hulle land te dien deur ’n loopbaan in polisiëring te volg.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê kapt. Thabo Litabe van korporatiewe kommunikasie in die Noord-Kaap en Thabang Thetsane, personeel amptenaar van die Noord-Kaap, was vanoggend op Radio Teemaneng.

“Belangrike inligting is tydens dié onderhoud aan die gemeenskap deurgegee. Soortgelyke radio-onderhoude op radiostasies regoor die provinsie sal gevoer word om die jeug aan te moedig om by die SAPD aan te sluit.”