President stel nuwe moderne biblioteek bekend

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON. – Pres. Cyril Ramaphosa het op Erfenisdag ’n nuwe, moderne biblioteek hier geopen.

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het op sy Twitter-blad gesê dié biblioteek is toegerus met toebehore vir gesiggestremdes, breinstimulerende toestelle en is ’n gratis WiFihotspot.

“Teen die einde van die jaar sal al 226 biblioteke in die Noord-Kaap WiFi-hotspots wees om vrye toegang tot elektroniese data moontlik te maak,” sê Saul.