Ontmoet vir Donga van die eeu – Wenner van Gat van die Week

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY  – FiND iT het vandag ons derde Gat van die Week aangekondig en ons bord langs die gat geplant. 

Donga van die eeu is ons wenner vir hierdie week en hy woon in Reservoirstraat, Newpark. Dié gat van die week is ingestuur deur Berno Venter.

Berno sê hy ry elke dag by die gat verby. Hy sê jy sal jouself verloor indien jy in daardie gat beland.

Kan jy vir FiND iT die grootste gat van die week aanwys? Om deel te neem, stuur ’n e-pos na [email protected] met ’n foto, die grootte van die gat (cm x cm), waar hy geleë is en wat jy hom noem.